Kiep Kiep

Kiep Kiep
Niks beter as om in Jan Tuisbly se Karretjie by jou eie restaurant op te daag, om op jou eie vuurtjie, en jou eie kolhoender in bottermelk marinade te braai nie. Sonder flip flops en hemp met ‘n glasie in die hand terwyl vroulief vir julle ‘n gesonde slaaitjie voorberei. Ons gaan dié jaar mos goed en gesond eet en matigheid voor oë te hou, of hoe?  Om die glasie half-vol te hou is maklik want teen dié tyd weet ons mos wanneer om ‘n aflewering te verwag ... Toet Toet 2021!
Kolhoender in Bottermelk Marinade
Ons benodig:
1 Groot Vrylopende Hoender.
See Sout en ‘n paar Girtsies Swart Peper.
1 tl (5ml) Garam Masala.
Vir die Bottermelk Marinade:
1 Koppie (250ml) bottermelk.
4 vet Knoffelhuisies met Sout saam fyngekners.
Gerasperde Suurlemoen skil en sy sappies.
2 tl (10ml) gemaalde komyn.
2 tl (10ml) gemaalde koljander.
1 tl (5ml) droë brandrissievlokkies.
1 tl (5ml) borrie.
En dan?
Met jou kombuisskêr,  sny al langs die rugbeen. Druk die hoender plat met die hak van jou hand om die borsbeen te kraak. Geur die hoender met die sout, gemaalde peper en vryf in met garam masala.
Bottermelk Marinade:
Meng al die bestandele in ‘n glas of vleklose staal bak. Plaas die hoender in die mensel, draai dit in die mensel om deeglik te bedek. Dek die bak in kleef wrap en verkoel in die yskas – 2 ure later gee die hoender kans om kamer temperatuur te bereik.
Nou Gaat ons Braai!
Plaas die hoender borskant onder op die koel kant van jou kole vir ten minste 25-minute. Draai om en en braai vir nog 15 tot 20 minute. Verf die hoender met die res van die marinade. Bedek die hoender met ‘n kosdeksel om egalige te braai en vir ekstra rokerige geurtjie.
Wanneer sappig gebraai, haal jou hoender van die vuur af, bedek met foelie en gee ±10 minute ruskans. Eet en Geniet!