Pap en Wors

 PapEnWors

Na ‘n dag van briewe tjap, telegram-boodskap repies plak en aflewer moet die Posmeester nog sorg vir aandete. Dit was lááánk voor Nando’s en Mr. D se tyd maar hy verkies in alle geval om self kos te maak. Pap en Wors - een van sy gunsteling etes wat hy oor ‘n knetter vuurtjie aanmekaarslaan. Hy weet die Kapenaars is nie regtig mieliepap mense nie, maar die wat op sy pap resep afgekom het eet sommer met die hande. Askies maar dis lekker!

Wat het jy nodig?

‘n Lekker Rol Boerie van jou keuse – Bees of Skaap?
‘n Platboom ysterpot
12 koppies Woolies Chicken Stock
250g botter
450g mielie meel

 

Pap Resep:

Laat die chicken stock en water borrel in die ysterpot oor die vuur
Voeg al die botter by en laat dit smelt
Sprinkel die mieliemeel in die kokende water
Roer en roer terwyl die mieliemeel begin kook
Skuif die ysterpot opsy na ‘n medium hitte vir die pap om te verdik
Na 5 – 10 minute behoort die pap van die kante van die pot te skei
Haal die pot van die vuur af, sit die deksel op en laat stoom vir 15 minute
Voeg sout na smaak


Hou van ‘n ou sousie? ‘n Blikkie KOO Chakalaka sal voldoen.